St. Lucia

Hierdie artikel handel oor die Karibiese eilandstaat. Vir ander gebruike van die term St. Lucia, sien St. Lucia (dubbelsinnig).
St. Lucia
Saint Lucia (Engels)
Vlag van St. Lucia Wapen van St. Lucia
Vlag Wapen
Nasionale leuse: The Land, The People, The Light
(Engels vir: "Die land, die volk, die lig")
Volkslied: Sons and Daughters of Saint Lucia
(Engels vir: "Seuns en dogters van St. Lucia")

Koninklike volkslied: God Save the King
(Engels vir: "God beskerm die koning")
Ligging van St. Lucia
Hoofstad Castries

14°01′N 60°59′W / 14.017°N 60.983°W / 14.017; -60.983

Grootste stad Castries
Amptelike tale Engels
Regering

Monarg
• Goewerneur-generaal
Eerste minister
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Charles III
Errol Charles
Philip J. Pierre
Onafhanklikheid
• Geassosieerde land
• van die Verenigde Koninkryk
• Huidige grondwet

1 Maart 1967
22 Februarie 1979
22 Februarie 1979
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
616[1] km2  (192ste)
238 myl2
1,6
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2010-sensus
 - Digtheid
 
168 038[1] (186ste)
165 595
273 / km2 (29ste)
706 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$5,173 miljard[2] (182ste)
$28 080[2] (90ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2025-skatting

$2,682 miljard[2] (186ste)
$14 561[2] (70ste)

MOI (2022) 0,725[3] (108ste)  –  hoog
Gini (2015) 43,7[4] –  hoog
Geldeenheid Dollar (XCD)
Tydsone
 - Somertyd
AST (UTC-4)
nie toegepas nie (UTC-4)
Internet-TLD .lc
Skakelkode +1-758

St. Lucia (Engels: Saint Lucia, [seɪnt ˈluːʃə], ; Frans: Sainte-Lucie) is 'n eilandstaat in Noord-Amerika met 'n oppervlakte van 616 km² en 'n bevolking van 168 038 in 2024.[1] Dit behoort aan die Klein-Antille.

Nasa-satellietbeeld van St. Lucia
Kaart van St. Lucia

St. Lucia is in die oostelike deel van die Karibiese See op die grens met die Atlantiese Oseaan geleë. Dit is in die noorde van St. Vincent en die Grenadine, in die noordweste van Barbados en in die suide van Martinique geleë. Die hoofstad en grootste stad is Castries.

Volgens legendes het Franse matrose op 13 Desember 1502 hier skipbreuk gely en dié eiland ná die heilige Lucia van Sirakuse genoem.[5] Dit is die enigste land ter wêreld wat ná 'n vrou genoem is.[6] In die 17de en 18ste eeu het die beheer oor dié eiland 14 keer tussen Engeland en Frankryk gewissel. Tydens die Sewejarige Oorlog is St. Lucia vir een jaar deur die Britte beset en volgens die Verdrag van Parys in 1763 aan Frankryk afgestaan. Met die Verdrag van Parys in 1814, wat die Napoleontiese Oorloë beëindig het, is dié eiland uiteindelik van Frankryk aan die Verenigde Koninkryk afgestaan. Tussen 1958 en 1962 het dit saam met ander Britse kolonies in die Karibiese gebied deel uitgemaak van die Wes-Indiese Federasie. Op 1 Maart 1967 het St. Lucia volle outonomie oor sy binnelandse sake ontvang en 'n geassosieerde land van die Verenigde Koninkryk geword.

Op 22 Februarie 1979 het St. Lucia van die Verenigde Koninkryk onafhanklik geword. St. Lucia is 'n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond en Charles III van die Verenigde Koninkryk is die staatshoof van dié land. Ten spyte van sy klein bevolking het St. Lucia tot dusver twee Nobelprysweners opgelewer: W. Arthur Lewis het in 1979 die Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe ontvang en Derek Walcott in 1992 die Nobelprys vir Letterkunde. Die eiland is 'n gesogte vakansieplek en die ekonomie is veral op toerisme en buitelandse bankdienste gebaseer.[1]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 (en) "Saint Lucia". Central Intelligence Agency. Besoek op 11 Februarie 2025.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) "St. Lucia". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2024. Besoek op 11 Februarie 2025.
  3. (en) "Human Development Report 2023/2024" (PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op 11 Februarie 2025.
  4. (en) "Gini Index – St. Lucia". Wêreldbank. Besoek op 11 Februarie 2025.
  5. (en) Harmsen, Jolien; Ellis, Guy; Devaux, Robert (2014). A History of St Lucia. Vieux Fort: Lighthouse Road. p. 14. ISBN 9789769534001.
  6. (en) Hartston, William (21 Februarie 2016). "Top 10 facts about St Lucia". Express.co.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Augustus 2019. Besoek op 15 Oktober 2020.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne